Tag Archives: op gee

“Malle-koppie”

“Maak ‘malle-koppie’ – kom wys vir ouma..”  is woorde wat ek vir klein Lolliepop, van net so ‘n week of wat voor haar eerste verjaarsdag, se.  Al wat ek sien is tande: en die ou klein koppie swaai wild heen-en-weer. Dit is so cute, so onskuldig, so umm, ag net wat ‘n ouma kan dink… oulik! 

Ek het gaan sit en dink – hoekom sou ek se: Malle-koppie?

Mal is sy tog nie, of  is dit dalk ek wat mal is… haha, hoor hoe praat ek!  Dit is tog nie ‘n mooi woord nie, tog is die swaai van haar klein koppie  te kosbaar.  Die hele gesiggie lag, ogies en al… jy sien hoe blink die vrolike sterretjies daarin. Sy is salig onbewus van wat in die lewe om haar aangaan. Sy lag en verloor skoon haar balans soos sy die koppie heen-en-weer swaai. Ek self geniet elke oomblik.

Hoekom dan “malle-koppie“? 

Met ‘n frons tussen die oe sit ek en word stil. Is dit nie hoe die mens tog is nie?  Jou hele mens wees is soos iemand wat ‘n “malle-koppie” swaai – solank niemand tog kan agterkom hoe jy regtig voel nie.  Almal om jou dink jy is vrolik, maar is jy?  Niemand kom dit agter nie?  Jy skud nie die koppie uit pure lawwegeit nie, nee, jy skud dit om die aandag van jou hartseer en pyn wil af  trek. Terwyl jy diep – diep binne skreeu om hulp!  Sy wil ook ‘mal‘ wees, iets ‘mals‘ doen – enige iets doen, net solank niemand agter kan kom dat daar tog wel iets skort nie..

Dawid skryf in die Psalms – “I was right on the cliff edge, ready to fall, when God grabbed and held me” Ps 118:13 (Msg).  Jy sien, jy dink solank jy hierdie front op sit, sal niemand ooit agterkom dat jy eerder reg daar op die ‘edge van die cliff’ staan nie – gereed om te val.  Gereed om in te gee… gereed om op te pak. Gereed om om te draai. 

Is dit jy, liewe mens wat ‘n ‘malle-koppie’ maak en net voorgee?  Is dit jy wat probeer om dit so goed weg te steek? Is jy daar op die afgrond, besig om oor te val?

Moenie opgee nie… lees weer wat Dawid skryf – hy se: GOD GRABBED AND HELD ME!!!  Hy is daar saam met jou op die rand van ingee, op die rand van die afgrond waar jy besig is om na te val… Hy is daar!  Hy sal en wil jou gryp en styf vashou.  Hy het belowe in Heb 13:6 dat Hy jou nooit sal begewe en verlaat nie… onthou jy is nie alleen nie.  Laat Hom toe om jou biejtie vas te hou! Onthou Hy (Jesus) is baie lief vir jou en Hy is die antwoord!  Gee jou oor aan Hom en jy sal nie oor die afgrond van omstandighede val nie.

Ek  bid dat jy binnekort ‘n ware ‘malle-koppie’ kan maak en net LEEF!  Net soos Lolliepop, jou koppie agteroor kan gooi en kan LAG!  Dan sal almal die sterretjies ook in jou oe kan sien skitter… ware blydskap en vreugde jou deel wees! Jy KAN!  Liefies Karin

 (kyk hoe lekker lag Lolliepop!)