Tag Archives: los

Alles, ek se jou…. alles!

Ek lees uit die Lewende Bybel –  1 Petrus 5:7: “Neem alles wat jou kwel na Hom toe en laat dit daar by Hom; want Hy het verantwoordelikheid geneem vir jou!”

Daar is tog so baie wat ons as mens kwel, as dit nie die werk is nie, is dit die kinders, of die huwelik.  Ja sowaar, dan kan ons ons tog so gou ook kwel oor  geld ( ja die geld wat nie eers daar is nie) en… en… ag sommer oor enige iets.  Dit is nou nie dat die media enigsens help om mens beter te laat voel nie, of jy nou die tv aanskakel of die radio, daar is altyd iets wat juis dit aanwakker waaroor jy jou kan kwel of sommer plain, WORRY!  Ai, dit is tog so aan die orde van die dag… almal kwel hulle oor iets of iemand.  Stem jy?

Ons sing so maklik: Don’t worry be happy… maar is dit werklik so maklik?  Nee, ons almal kwel ons – jy kan nie stry nie.  Wat pla jou vandag?  Wat is dit wat jou koppie die hele dag so besig hou?  Wat is dit wat jou wakker hou deur die nag?  Wat gee jou die knop op die maag, daardie ‘naar‘ gevoel wat jy net eenvoudig met niks kan afsluk nie, nie eers ‘n Bar-One help nie.  Wat is dit?

Ek het vir jou raad:  Petus skryf en se:  NEEM ALLES WAT JOU KWEL… jy het reg gelees.. Let op! ALLES.  Jy kan nie net sekere goed neem en die ander nog aan vas hou nie, dit sal niks help nie. Om ALLES te neem, gaan kos dat jy ‘n keuse moet maak.  Jy sal moet identifiseer wat dit is wat jou kwel en dan neem jy dit ALLES… ja ALLES na Hom toe!  Na Jesus toe!  Ek doen vandag ‘n beroep op jou, wil jy nie net vir ‘n oomblik stil word en besin oor dit wat jou kwel nie..  vat dit dan – ALLES – na Hom toe.

Die geheim is: LOS DIT DAAR BY HOM!  Weet jy, ons almal maak die fout.  Ons gaan so ver om ALLES wat kwel, wel na Hom te neem, maar ons los dit nie by Hom nie.  Ons tel dit ewe weer op en begin dan weer daaroor te kwel of  WORRY!  Ek besef dit is makliker gepraat as gedoen, maar my liewe mens, dit is die antwoord. LOS DIT BY HOM!  Jesus sal nie en kan nie ons probleem oplos as ons Hom nie vertou nie. Hy weet wat om te doen!  Los dit by HOM?

Hoekom? Hoekom sou ons dit dan doen?  Petrus verduidelik:  “Want Hy het verantwoordelikheid geneem vir jou!”  WOW is dit nie great nie! Iemand neem verantwoordelikheid vir my en vir jou!  Jy kan dit – ja dit wat jou kwel –  – na Hom toe neem en dit daar by Hom los! Hy sal sorg!

Sterkte en onthou, Hy is baie lief vir jou EN Hy neem volle verantwoordelikheid vir jou! Glo my: glo die WOORD

Liefies

Karin