Tag Archives: ellende

Die Here dink aan my!

Ek het al soveel keer in my lewe gewonder of die Here regtig aan my dink?  Is Hy bewus van my?  Elke oomblik? 

My vorige huishulp het altyd vertel hoe haar dokter haar vermaan het deur te se: Jy denk te veel.  Dit is so, soms ons ‘denk ok te veel’ – soos sy dit uitgedruk het. Dit waaraan ons dink is nie altyd iets om oor op en af te spring nie, soms maak dit ons hartseer,soms dink ons aan dae lank gelede, ander kere weer aan iets wat besig is om in ons lewens plaas te vind.  Tog is daar ook kere wat ons dink aan dit wat in ons Geestelike lewe aangaan…?

Waaraan dink jy?  Wat is in jou gedagtes vandag?  Wat maak dat jy sommer so in die verte in staar?  Wat is dan fout?  Wat pla?

Ek het goeie nuus!  Die Woord leer my in Psalm 40:18 – “Al is ek ellendig en behoeftig – die Here dink aan my”   Wow, is dit nie wonderlik nie…?  Dit maak nie vandag saak wat in jou lewe aangaan nie, die Here dink aan jou! 

Ek weet jy het gedink jou omstandighede is te ellendig of selfs te behoeftig.  Dit maak nie saak waarin jy jouself bevind nie… die Here dink aan jou!  Dit is amazing om te weet dat die God van die heelal aan ons dink.  Die Skepper van alle dinge, die Een wat ons so goed ken dat selfs die hare op ons hoof getel is.  Hy dink aan jou!  Hy dink aan my!!

Ek wil jou bemoedig; hou op om te dink aan al die ellende en behoeftes van jou lewe – dink eerder daaraan dat Hy aan JOU dink!  Hy is bewus van alles wat met jou aangaan. Hy is bewus van elke sug, elke pyn, elke bekommernis!  Hy is lief vir jou!  Hy gee om vir jou!  Hy dink aan JOU!!

Jy is kosbaar

Liefies

Karin