Hi jy,
Dankie dat jy die tyd maak om saam my op my blog te kuier.
Hier gaan ons gesels, mekaar bemoedig, raad gee, soms sommer net lag en ander gevalle iets gee om aan te kou. Jy is so welkom om saam te gesels, hier waar jy net jouself kan wees.
Die doel van hierdie blog is om jou nader te trek aan onse Here Jesus, jou te help om dit wat ander nie van jou weet nie, of miskien jy nie van jouself weet of verstaan nie, te help ontrafel en dan te ontwikkel. Dit is my gebed dat hierdie blog elke dag vir jou n nuwe inspirasie sal wees. Onthou jy is so kosbaar, en Jesus is lief vir jou!
Liefies
Karin
Hi Karin, dis wonderlik om sulke bemoedigende woorde te kan lees, sien uit na die res wat nog gaan kom.
Hi Sonja, baie dankie – ek is self so opgewonde! Ek kan nie wag om te sien wat Vader met hierdie geleentheid instoor het nie. Onthou Hy is baie lief vir jou en aanvaar jou net soos jy is! Wees net lief vir jouself! Karin
Vriendin jy moet sing tot eer van die Here. Dit is talent spesiaal aan jou gegee by onse Vader.